Landbouweekblad at Summit Wildlife 2026
LANDBOUWEEKBLAD | SUMMIT WILDLIFE 2026
R3 miljoen vir 'n springbokram en R2,9 miljoen vir 'n swartwitpensbul…
Dít is van die uitstaanpryse wat vandag by Summit Wildlife se 11de veiling wat by die Drostdy Hotel in Graaff Reinet aangeteken is.
'n Springbokram met ’n horingspan van 21-duim van Julian Theron van Jules of the Karoo van Richmond is vir R3 miljoen opgeveil. Dit is die hoogste prys wat tot dusver op die veiling behaal is. Showtime, 'n swartwitpensbul met ’n horingspan van 56-duim van Tina de Jager se Valley Venture-stoetery van Vryburg was vir die tweede duurste prys, R2,9 miljoen, verkoop. Nog 'n topprys van R2 miljoen is betaal vir 'n koning wildebees van die De Vos-familie van Quaggasfontein Safari naby Colesberg.
Gesogte teelmateriaal van etlike gasverkopers van regoor die land is tydens die veiling te koop aangebied, met Brandon Leer wat as afslaer opgetree het.
Video’s: Fredalette Uys